Tot Sy eer.
Search

Pampoen in Tamatiestraat

Bestanddele:

–  500 gram geskilde boerpampoenblokkies

– halwe koppie suiker

– halwe koppie water

– 2 eetlepels botter

– 1 groot ui, in blokkies gesny

– 1 blik (400g) gekapte Italiaanse tamaties

– 3 snye witbrood, fyngemaak tot krummels

– halwe koppie melk

– 1 eier

– 1 teelepel sout

– halwe teelepel gemaalde swartpeper

– 1 koppie gerasperde cheddarkaas

Metode:

1. Gooi die pampoen, suiker, water en die helfte van die botter in ‘n kastrol en laat dit oor lae hitte prut totdat dit sag en droog is. Die laaste paar minute sal die pampoen effens braai in die botter en suiker – roer dit sodat dit nie aanbrand nie, maar moenie die pampoenblokkies fyn druk nie.

2. Braai die ui in ‘n afsonderlike kastrol in die oorblywende botter tot sag en voeg dan die tamaties by. Prut dit vir ‘n paar minute tot dit dik is en nie waterig nie.

3. Smeer ‘n vlak oondvaste bak met botter en sprinkel die helfte van die witbrookrummels onderin. Skep die pampoen in en daarna die tamaties. Klits die melk, eier, sout en peper saam en gooi dit oor die gereg. Trek met ‘n mes langs die kante en in die middel van die gereg sodat die melkmengsel kan deurtrek. Meng die res van die witbroodkrummels met die kaas en strooi dit oor.

4. Bak die gereg vir ‘n driekwartier of tot dit gestol is. Jy kan dit  in ‘n oond van 180 grade bak, of op die oop vuur. As jy dit op die oop vuur bak, sit jy die bak/swartpot op die rooster met die deksel op. Sit dit op matige kole, sodat dit nie aanbrand nie, met ‘n paar warm kole op die deksel.

Gedagte vir die dag: ‘n Rustige see kweek nie goeie matrose nie (Hollandse spreekwoord)

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos