Pampoen Skons

Oond 180 gr C.   Klits saam:  60 gr sagte botter en 50 ml suiker. Voeg 250 ml fyn gaar pampoen, 1 geklitste eier en 60 ml karringmelk by.  Sif saam: 625 ml bruismeel, 2 ml fyn kaneel en knippie sout. Roer by nat bestandele. Moenie te veel hanteer nie.  Druk deeg op meelbestrooide oppervlak en druk skons uit. Plaas op gesmeerde bakplaat. Bak 15-20 minute tot gaar.   Eet met botter.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos