Pampoenpoffers met Karamelsous

Meng saam: 250 ml gaar, fyn pampoen, 1 eier, 250 ml bruismeel en 2 ml sout.  Skep teelepels-vol in diep, medium-warm olie tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapaier en hou eenkant.      Karamelsous: Verhit 125 ml melk, 125 ml water, 125 ml suiker, 2 ml sout en 10 ml margarine.   Maak 15 ml vlapoeier aan met bietjie water en roer by melkmengsel en ook 5 ml karamelgeursel. Laat sous 1 minuut kook terwyl jy roer. Skep oor poffers, sorg dat elke poffer sous oor kry.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos