Pampoenpoffertjies met Karamelsous

Meng saam: 3 k gaar pampoen, fyn gedruk, 2 eiers, 1/2 t sout, 2 k bruismeel, 1 t bakpoeier.  Braai  Lepels-vol in diep, medium warm olie. Skep uit en dreineer op kombuispapier.

Maak vlg sous: Verhit in kastrol: 500 ml suiker, 250 ml water, 125 ml melk, 1 Rondvol Eetlepel botter, en knippie sout.   Maak 2 opgehoopte teelepels maizena aan met bietjie koue water en roer stadig by sodra melkmengsel begin kook. Kook deur en haal van plaat af.
Sprinkel kaneelsuiker onder-in ‘n bak en pak lae pampoenkoekies en sous oor elke laag. Sprinkel kaneelsuiker liggies bo-oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos