Tot Sy eer.
Search

Pampoenpoffertjies

Sous: In kastrol: 1 k melk, 1 k water, 1 en kwart k suiker, sout, 1 E botter. Roer tot begin kook en roer dan 1 opgehoopte E mielieblom [maizena] in bietjie water opgelos, by. Roer tot dik en blink. Plaas eenkant.  Maak nou pampoenpoffers.   Meng 2 k droog gekookte pampoen, fyn gedruk, met 2 k Bruismeel, sout, 2 eiers en 1 t kaneel. Skep lepels-vol in medium warm diep olie. Bak tot gaar binne-in. toets met messie. Dreineer en pak in bak en gooi oor elke poffertjie ‘n lepel-vol sous. Gooi orige sous bo-oor en bedien warm.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos