Pampoentert Butternut

Pampoentert ButternutOond 200 gr C. Voer gesmeerde, diep tertbak uit met broskors deeg en bak vir 10 min. Skakel oond af na 180 gr C. Meng saam in mengbak: 2 k gaar, fyn pampoen, 1 k suiker, 2 geklitste eiers, 1 t fyn kaneel, kwart t fyn neutmuskaat, halwe t sout en halwe k room. Skep in warm tertkors, Bak vir 1 uur tot gaar. Toets deur met skerp messie in middel van tert te druk, as messie skoon is, is tert gaar, Bedien lou-warm met geklopte room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos