Tot Sy eer.
Search

Pannekoek met ‘n verskil

Pannekoek met ‘n verskil:
Bestanddele:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
1 eier
375 ml melk
15 ml gesmelte botter
kie vir braai
Metode: Maak ‘n gaatjie in die middel en voeg die eier, melk en gesmelte botter by. Gebruik ‘n houtlepel en gooi stelselmatig die meel in die middel by en meng goed. Maak dit toe met kleefplastiek of ‘n bord en laat staan vir ‘n uur. Bak pannekoek in olie in ‘n pan.Dit maak ongeveer10 tot 14 pannekoeke, afhangend van jou pan se grootte.
Nou vir die verskil: neem 8 pannekoeke(of meer), kookolie vir diepbraai, gesifte versiersuiker en maak ‘n pruimsous soos volg:
Vir die pruimsous benodig jy :
125 ml pruimkonfyt
1 teel gerasperde suurlemoenskil
sap van 1 suurlemoen
5 ml mielieblom opgelos in 10 ml water
Kirsch (na smaak)
Metode vir die pruimsous:
Meng water, konfyt, suurlemoenskil en suurlemoensap saam in ‘n kastrol en bring stadig tot kook. Verdik met mielieblom wanneer dit kook. Geur dit met Kirsch en bedien dan warm of koud bo-oor die pannekoeke.
Rol elke pannekoek op en sny in repies van 1 cm breed. Verhit olie en as dit baie warm is , gooi die helfte van die pannekoekrepies in en draai heeltyd om met ‘n gaatjieslepel totdat alles goudbruin is. Verwyder van die olie en dreineer op papierhanddoeke. Hou dit warm terwyl jy die res van die pannekoekrepies bak. Dreineer dit ook, en dan bedien jy dit op ‘n bord. Sif die versiersuiker (na smaak) daaroor, en dan gooi jy laastens die
pruimsous bo-oor. HEERLIK!

Gedagte vir die dag: Wyse mense het lang ore en kort tonge (Duitse spreekwoord)

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos