Pannekoek

Plaas alle bestandele in mengbak; 2 k koekmeel, 1/2 t sout, 3 eiers, 1 1/2 k melk,    1 1/2 k water en 1/2 k kookolie.  Klits alles goed saam tot alle klonte uit is.  Laat staan vir 1-2 ure. Net voor jy begin bak, voeg 1 hoog-vol t bakpoeier en 1 t asyn by. Klits weer deur.  As deeg te dik is, voeg nog bietjie water by en roer goed deur.   Maak pan goed warm en gooi net 1 maal kook-olie in. Bak pannekoeke en strooi kaneel-suiker oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos