Papawer Jogurt Koek

Oond 180 gr C.  Klits 4 eiersen 375 ml suiker tot donsig. voeg 125 ml olie by en klits weer. Sif 250 ml koekmeel, 2 t bakpoeier en knippie sout. Roer 190 ml klapper en 125 ml papawersaad by. Roer meelmengsel by eiermengsel en roer ook 250 ml plein jogurt by. Skep in gesmeerde, gevoerde ring koekpan. Bak vir 30 minute tot gaar. Keer uit op draadrakkie en koel af. Versier met sagte botterversiersel wat met lemoenessens gegeur is.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos