Papawersaad en Jogurt Koek.

Oond 180 gr C.  Klits 4 eiers en 375 ml suiker tot donsig. Voeg 125 olie by en klits goed. Sif 1 k koekmeel, 2 t bakpoeier en knippie sout saam. Roer 190 ml klapper en 125 ml papawersaad by. Roer by eiermengsel. Roer 250 ml plein jogurt by en halwe t geel kleursel en 1 t suurlemoen essens. Skep in goed gesmeerde ring koekpan en bak vir 25-30 minute tot gaar. Keer uit op draadrakkie en koel af. Sprinkel droë versiersuiker oor en bedien in skywe.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos