Papawersaad Yougurt Koek

Oond 180 gr C. Klits 4 eiers en 375 ml suiker tot donsig. Voeg by 125 ml olie in dun straaltjie terwyl jy klits. sif 250 ml Koekmeel, 2 t bakpoeier, knippie sout en roer by 190 ml klapper en 125 ml papawersaadjies. Roer by eiermengsel en roer 250 ml plein jogurt by. Meng liggies deur en skep in 2 klein gesmeerde, gevoerde koekpanne. Bal 25 minute tot gaar  en keer uit op afkoelrak. Smeer tussen-in en bo-oor vlg versiersel: Klop 3 E sagte botter en 380 ml versiersuiker en 2 E suurlemoensap en 1 t gerasperde suurlemoen skil, [fyn gerasper]

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos