Paprika Hoender

Oond 180 gr C.   Meng saam in bak: 4 E meel, 2 t paprika, sout en hoenderspeserye.     Rol 8-10 hoenderstukke daarin en bak hoender in vlak olie. Skep in oondpan.  Braai 1 gekapte ui in dieselfde pan en ook 1 pakkie gesnyde sampioene. Voeg daarby: 1 blik fyn tamaties, 2 t tamatiepasta en 200 ml hoenderaftreksel, Roer orige meel en paprika by. Klits met draadklitser alle klonte uit.   Gooi bo-oor hoender en bak vir 1 uur.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos