Tot Sy eer.
Search

paptert van stampmielies

Wanneer laas het jy stampmielies geeet?

Ek kook gewoonllik ‘n hele pak in die mikrogolfoond vir 60 min in ‘n baie groot bak. So as jy mikrogolf klein is kan jy nie ‘n hele pak daarin kook nie want dit neem baie water.

Dis die lui huisvrou manier.

Jy kan dit op die stoof ook gaar kook nadat jy dit oornag in water laat week het. Of dit ‘n ouvrou storie is of nie weet ek nie, maar jy gooi blykbaar nie sout van die begin van die kookproses vir stamp koring en stamp mielies nie.  Spoel jou mielies af nadat jy dit gaar gekook het

Nou maak jy jou paptert van stampmielies

Braai

1 pakkie spek en

1 uie en

1 pakkiemushrooms apart of saam

Een blikkie pit mielies

Neem nou  jou gaar mielies meng 1 ½ tel sout deur

Gooi dit alles in ‘n groot genoeg mengbak voordat jy dit in jou oondbak sit

Gooi ook in jou mengbak

125 ml room

1 pakkie wit uiesoppoeier 60gram

1 kop mayonaise

Meng goed deur en plaas in gesmeerde oondpan wat groot genoeg is

1 kop gerasperde cheddar kaas vir bo oor

Bak teen 180 grade C tot mooi bruin bo op

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos