Pasta met Bacon en Sampioene

Oond 180 gr C.  Kook halwe pak pasta van jou keuse. Dreineer en hou eenkant.  Braai 1 gekapte ui, 1 pakkie bacon, kleiner geknip, halwe pakkie sampioene, 1 gekapte greenpepper tot sag.  Roer saam: 1 pakkie sampioen soppoeier en 500 ml melk. Klits klonte uit. Roer by pasta en ook 1 k gevriesde ertjies. Skep in oondbak en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos