Tot Sy eer.
Search

Pasta met geroosterde tamatie en pesto

Pasta met geroosterde tamatie en pesto:
4 Porsies
125 ml (halwe koppie) olyfolie
500 g kersietamaties
5 vet knoffelhuisies, ongeskil
400g pasta van jou keuse
80 ml (kwart koppie) pesto
45 ml (3 eetlepels) balsamiese asyn
Vars basiliehruidblare, geskeur
Voorverhit oond tot 180 grade Celsius
Giet 30 ml (2 eetlepels) olyfolie in ‘n oondbak
Voeg tamaties en knoffel by en meng goed met olie.
Plaas in die oond vir 30 minute.
Kook pasta tot net gaar, dreineer en hou warm.
Verwyder die bak uit die oond
Verwyder die knoffel-vleis uit skilletjies en meng met orige olyfolie, pesto, asyn en 45 ml (3 eetlepels) tamatiesap wat uit die tamaties gekook het.
meng dit met die pasta, asook die tamaties
Rond af met basiliekruidblare.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos