Pasta-Ham Slaai.

pasta ham slaaiKook 1 pak pasta van jou keuse, skroewe of skulpies en dreineer.  Voeg by: 1 groot gekapte ui, blokkies gaar ham, ingelegde perske of pynappelstukkies, ertjies, mielies, soos jy verkies. Maak vlg sous aan: kwart k blatjang, knippie sout, 1 t kerriepoeier, halwe k canola olie, 2 E bruin asyn en kwart k suiker. Meng goed deur en gooi oor pasta mengsel. Meng deur. Laat staan in yskas tot voor gebruik. As slaai te droog is, gooi bietjie van ingelegde vrugte se stroop by. Die slaai hou goed in verseelde houer in yskas.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos