Oond 180 gr C. Meng 3 k gaar, fyn patat, knippie sout, 3 E gesmelte margarine, 1 t vanilla geursel, halwe k suiker en 1 eier. Skep in gaar tertkors in tertbak. Meng vlg saam: halwe k bruismeel, halwe k klapper knippie sout en halwe k bruinsuiker. Frummel 125 gr margarine daarin tot krummels. Strooi oor vulsel. Bak vir 30 minute tot goudbruin.