Peanutbotter Koek

Oond 180 gr C.  Klits saam: 200 gr sagte botter, 3 E gladde grondbonebotter, 4 eiers en driekwart k strooisuiker. Klits goed saam.  Sif 500 ml bruismeel en kwart t sout en vou in by bottermengsel. Verdeel beslag tussen 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 30 minute tot gaar. Koel af op draadrakkie en versier met volgende versiersel.  Versiersel: Meng saam 6 E Karamel kondensmelk en 6 E gladde peanutbotter. Smeer tussen en bo-op en rondom koek. Versier met stukkies sjokolade. Flake werk goed.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos