Peanutbutter-Piesang-Choc Muffins

Oond 180 gr C. Meng saam: 3 ryp, fyngedrukte piesangs, 2 groot eiers, 125 ml bruinsuiker, 125 ml growwe peanutbutter, 125 ml gesmelte botter, 125 ml karringmelk. Meng by: 375 ml bruismeel, kwart t sout, 1 t koeksoda, 100 gr gekapte donker sjokolade en 2 t asyn. Roer deur en skep in papierbakkies in muffinpanne. Bak 20-25 minute tot gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos