Peperment Tert

Pak helfte van ‘n pakkie Tenniskoekies in ‘n tertbak.    Maak vulsel:  Klits 1 blik yskoue, Idealmelk  styf. Klits 1 blikkie karamelkkondensmelk en 1 pakkie suurlemoen jellie [aangemaak met 1 k kookwater en afgekoel, by. Roer 1/4 t pepermentessens by.  Skep helfte van vulsel oor Tenniskoekies.  Pak nog ‘n laag koekies en gooi res van vulsel oor.  Breek 1 Peperment Crisp sjokolade in kleiner stukkies en gooi bo-oor.  Laat staan in yskas voor bedien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos