Piesang-grondbone Broodjie

Oond 180 gr C. Smeer en voer medium broodpannetjie. In mengbak: 2 en kwart k bruismeel, halwe k suiker en half t sout. Klits saam; 1 eier, 1k karringmelk. Roer by meelmengsel en roer dan driekwart k grondbonebotter en 2 fyn gedruke, ryp piesangs by. [as te droog, voeg nog bietjie melk by] Beslag moet maklik van lepel afdrup. Bak 50-60 minute tot gaar. Bedien louwarm met botter.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos