Tot Sy eer.
Search

Piesang Jogurt Broodjie

Oond 180 gr C

Sif saam in mengbak :     2 en 1/2 k koekmeel, 4 t bakpoeier en 1/4 t sout. Vryf 80 gr sagte margarine in droë bestandele.
Klits saam in ander bak: 1 k suiker, 2 groot eiers, 1 klein houertjie plein jogurt en 1 t vanillageursel. Roer by droë bestandele.
 Druk 3 groot ryp piesangs met vurk fyn en roer by die beslag.
Skep deeg in gevoerde, gesmeerde medium broodpannetjie.
 Bak vir 50 minute tot gaar.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos