Piesang Karamel Poeding

Oond 180 gr C.   Sif saam in mengbak: 250 ml bruismeel, kwart t sout, 125 ml suiker en 1 t koeksoda. Voeg 1 ryp fyngedrukte piesang, ‘n derde k gesmelte botter, 1 k karringmelk, 1 eier en 1 t vanilla essens by en klits alles goed deur. Skep in gesmeerde oondbak. Sous: in kastrol: driekwart k bruin suiker, 3 E goue stroop en 1 k kookwater, en knippie sout. Kook deur. Gooi sous versigtig oor deeg en bak vir 30-40 minute tot gaar. Bedien met roomys, vla of room

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos