Piesang Karameltert

Maak koekie kors van 1 pakkie tennis koekies, fyngerol, en 4-5 E gesmelte botter. Druk vas in diep tertbak.    Vulsel: Klits 1 pakkie Karamel kitspoeding saam met 1 en halwe k melk. Sny medium ryp piesang op kors en sprinkel suurlemoensap oor. Bedek met poeding. Klop 250 ml room styf en skep bo-oor. Jy kan dit dubbel aanmaak vir groter tert, skep dan lagies piesang en poeding. Bedek met room. Versier met gesmelte karamel of krummel ‘n flake bo-oor. Bêre in yskas tot bedien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos