Piesang Neut Broodjie

Oond 180 gr C.     Klits saam; 125 ml sagte margarine, 250 ml suiker, 2 groot eiers en 5 ml vanillageursel.   Sif saam: 500 ml koekmeel, 15 ml bakpoeier, 30 ml vlapoeier 2 ml sout.   Roer by eiermengsel. Druk 6 ryp piesangs fyn  en roer by deegmengsel, asook 80 ml klapper en 80 ml gekapte pekanneute.  Skep in gevoerde, gesmeerde medium broodpan. Bak vir 50-60 minute tot gaar.  Keer uit op afkoelrakkie.  Smeer snye met botter.

 

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos