Tot Sy eer.

Piesang Poffers

Sif 2 k bruismeel en 1/4 t sout.  Voeg 1 E bruinsuiker by.  Klits 1 eier en 1 t vanilla geursel. Roer by meelmengsel en ook 2 E gesmelte botter.  Roer 4 groot, ryp piesang, in stukkies gesny, by.  Skep t-lepels vol deeg in medium warm olie.  Bak tot goudbruin en dreineer op kombuispapier. Bedien met kaneelsuiker of roomys.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos