Tot Sy eer.
Search

Plaatkoekies met Karringmelk

Maak deeg aan met vlg bestandele: 1 k bruismeel, halwe t koeksoda, knippie sout, 2 E strooisuiker, voeg by; halwe k karringmelk, driekwart k gewone melk, 1 geklitste eier en 2 E gesmelte margarine. Bak in gewone, met olie gesmeerde pan, op medium hitte. Skep groot eetlepels deeg in pan en as borreltjies verskyn, draai versigtig om met eierspaan. Pak stapeltjies met stroop oor en bedien met room of roomys. Jy kan ook bessie konfyt by bedien of met vars bessies vir poeding.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos