Tot Sy eer.
Search

Potgebraaide Wildsboud

Neem 1 wildsboud,  om en by 2 kg.   Steek gate in met skerp mes en stop met spek, knoffel en rosyne.  Plaas in diep glasbak.  Meng marineer-sous:  100 ml soja/worcestersous, 2 t sout, 3 t suiker, 1/4 k asyn, 5 ml fyn koljander en 3 ml fyn gemmer.   Gooi oor boud. Pak 1 gesnyde ui bo-op. Bedek met kleefplastiek. Plaas 1 dag  of oornag in yskas. Draai boud 2 keer om.     Gooi bietjie kookolie in swaarboom kastrol..  Braai boud goudbruin alkant.   Voeg 1/2 k van marinade en 1 k rooiwyn by. Stowe vleis op sagte hitte vir 90 minute tot sag.  Haal vleis uit kastrol en roer bietjie koekmeel en 1 E appelkooskonfyt met bietjie water. Verdik sous in kastrol en bedien met boud.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos