Tot Sy eer.
Search

Pronutro koekies

 Die resep het ek in 1982 by ‘n vriendin in Oranjemund gekry. Ons het saam potteryklasse geloop en sy het dit gebring vir teetyd. Ons het gasstowe gehad  en die temperatuur is aangedui as gas 5! Jy kan die oond stel op 180 grade
 ‘n koppie sal dan seker 250 ml wees. Daardie tyd het elke kombuis ‘n koppie gehad wat  gebruik word as daar gebak word!
180 g bakmargarine
3/4 koppie suiker
1 koppie pronutro – gewoon
3/4 koppie klapper
1 en n halwe koppie meel
2 teelepels kakao
Vir bo-laag
5 opgehoopte eetlepels versiersuiker
2 teelepels kakao
Margarien om mee te meng
1 eetlepel kookwater
meng die bestanddele saam net voor die pan uit die oond kom
Room botter en suiker en meng dan die klapper en pronutro by.
Voeg meel en kakao by.
Druk in n gesmeerde pan vas en bak by 180 vir 20-30 minute.
Terwyl nog warm , gooi die  bolaag mengsel oor.
Laat afkoel en sny in blokke.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos