Pynappel Broodpoeding

Oond 180 gr C.    Smeer ‘n diep oondbak.   Breek 8 dnye, dag-oud, brood in stukkies en meng met 1 blikkie fyn pynappel.   Klits saam: 4 eiers, 3/4 k bruin suiker, knippie sout en 125 ml gesmelte margarine. Meng liggies deur brood-pynappel.  Skep in oondbak.   Strooi 2 E bruinsuiker bo-oor. Bak 40 minute tot bros.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos