Pynappel Broodpoeding

Oond 180 gr C.  Smeer ‘n diep oondbak.  Breek 8 snye dag-oud witbrood in stukkies. Meng met 1 klein blikkie fyn/stukke pynappel. Klits 4 eiers en driekwart k bruinsuiker en voeg 125 gesmelte botter by. Meng liggies met brood en pynappel. Skep in bak en strooi nog ‘n kwart k bruinsuiker bo-oor. Bak 40 minute tot goudbruin en bros. Bedien met dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos