Tot Sy eer.
Search

Pynappel Cremora Tert

Maak 250 gr Cremora aan met 1 k koue water en plaas oornag in yskas. Klits volgende oggend saam met 1 blikkie kondensmelk en 1 k gaar vla. Roer 1 pakkie pynappel/suurlemoen jellie, aangemaak met 1 k kookwater by. Klits goed. Roer 1 blikkie fyn pynappel by. Pak tennis koekies onder in tertbak en skep helfte van pynappel mengsel bo-op, nog ‘n laag tenniskoekies en dan laaste van die pynappel mengsel. Breek koekies fyn en gooi krummels bo-op

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos