Pynappel-Klapper Poeding

Oond 180 gr C.   Klits saam; 2 k suiker, 2 eiers en 1 t vanillageursel saam. Voeg by: 2 k koekmeel, 2 t bakpoeier, 2 ml sout. Roer goed deur en roer 1 blikkie fyn pynappel by [432 gr]  Skep in gesmeerde vierkantige oondbak en bak vir 40 minute tot gaar.     Bolaag: Smelt 1/2 k botter, 1 k suiker en 3/4 k Idealmelk of room, knippie sout en 1 t vanillageursel. Laat prut vir 3 minute en roer 1 k fyn klapper en 1/2 k gekapte neute by..    Smeer bo-laag oor gaar poeding.  Bedien met roomys of styfgeklopte room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos