Pynappel-Piesang Koek [foto geleen]

Oond 180 gr C.  Sif saam: 750 ml koekmeel, 5 ml koeksoda, 5 ml fyn kaneel, 3 ml sout.  Voeg 500 ml suiker by. Klits 4 groot eiers, 1 t lemoengeursel en 375 ml sonneblom-olie saam en roer by meelmengsel. Roer 1 blikkie [410 gr] fyn pynappel en 6 fyngedrukte ryp piesangs by. Skep mengsel in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne. Bak vir 30-35 minute tot gaar. Laat rukkie in panne staan en keer dan uit op afkoelrakkie. Versier met roomkaas versiersel.   Versiersel: 100 gr sagte margarin, knippie sout, 500 ml versiersuiker, 250 gr houer sagte roomkaas, 1/2 t lemoengeursel en 1/2 t suurlemoengeursel. Klits tot sag en donsig.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos