Pynappel Poeding

Oond 180 gr C.   Smeer ‘n ronde koekpan. Room 75 sagte margarine en 2 E bruinsuiker en smeer onder-in pan. Sit pynappelringe bo-op mengsel en plaas 1 rooi kersie in middel van pynappelring. Verroom 100 gr sagte margarine , halwe k suiker en 1 groot eier. Voeg by: 1 en halwe k bruismeel en halwe k melk ook 1 t lemoengeursel. Roer deur en skep bo-op pynappel. Bak 30-40 minute tot gaar. Keer uit op mooi bord en bedien met roomys of geklopte room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos