Pynappel Vrugtekoek

Voeg vlg bestandele in groot kastrol: 125 ml gr sagte margarine, 250 ml suiker, 1 blikkie [410 gr] fyn pynappel, 5 ml gemengde speserye en 1 pak 500 gr vrugtekoek-mengsel.  Roer tot suiker opgelos is en kook dan saggies vir 3 min.  Haal van stoof af. Roer 5 ml koeksoda by.  Roer 2 geklitste eiers en 500 ml bruismeel en 2 ml sout, gesif, by. Skep in gevoerde, gesmeerde groot koekpan, of twee kleiner broodpanne.  Bak by 180 gr C tot gaar. omtrent 50-60 minute.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos