Pynappel Vrugtekoek

Meng in groot kastrol: 500 gr vrugtekoekmengsel, 1 blikkie fyn pynappel, sous en al, 1 k suiker, 125 ml margarine, 5 ml gemengde speserye, 1 t fyn kaneel. Kook vir 5 minute. Haal van plaat en roer 1t koeksoda by. Dan 2 geklitste eiers en laaste 2 k bruismeel en kwart t sout. Roer goed deur en skep in gevoerde, gesmeerde ringkoekpan en bak by 160 gr C tot gaar. 50-60 minute. Koel af op draadrakkie en gooi brandewyn oor. Draai toe in foelie en gooi van tyd tot tyd soetwyn/brandewyn oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos