Tot Sy eer.
Search

Ribbetjies

1 kg skaaprib, sout en peper na smaak. 250 ml tamatiesous, 125 ml asyn (bruin), 200 ml suiker, 5 ml Tabascosous (of na smaak). Vryf rib met sout en peper (geurmiddels) in. Bak op ‘n rak in die oond met vetkant na bo by 160 grade (325F) naby aan die boonste element tot gaar. Omdat ek nie lief is vir stoof skoonmaak bak ek myne met foelie oor die pan.  (Die rib is ook nie net noodwendig 1 kg nie so pas die sous ook aan).  Met die 1 kg rib behoort jy met bykosse 4 tot 6 mense te voed.  Kook die tamatiesous en asyn en suiker en tabasco saam vir 5 min.  Haal nou rib van rooster af en gooi vet af en plaas terug in pan en gooi sous wat 5 min gekook het oor vleis. Weer met die foelie terug bak dit so 15 min. Jy kan met die eerste bak al jou aartappels en klein uie bak onderdie rooster waarop die rib bak. Uitskep wanneer die rib gaar is en jy die die vet afgooi om die sous oor tegooi. Hou dit dan net warm. Bedien op gaar rys of blomkoolrys.  Of wat van koring of stamp mielies. Indien jy die rib nog bietjie oop bak raak dit net lekkerder. Bon apetite.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos