Rice Crispie Toffie Blokkies

Kook saam in groot kastrol: 1/2 blik kondensmelk, 6 E suiker, 125 gr margarine, 2 E stroop en knippie sout. Kook op medium hitte tot ligte karamel kleur. Roer aanhoudend.  Haal van stoof af. Smelt 1 pak malvalekkers in toffiemengsel. Roer rice crispies by tot mengsel bymekaar kom. Druk vas in gesmeerde bak.  Sny in blokkies as afgekoel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos