Rogbrood

Meng saam in Kenwoodmenger se bak: 900 ml volkoringmeel, 900 ml rogmeel, 1 t sout, 1 E sagte bruin suiker en 1 pakkie kitsgis. Meng 250 ml melk en 400 ml louwarm water en voeg by meelmengsel. Knie met deeghak van menger so 10 minute. Bedek met plastieksak en laat rys vir 40 minute. Skakel oond op 180 gr C. Knie deeg af en vorm 2 brode. Plaas in 2 gesmeerde pannetjies of op plat, gesmeerde kleinkoekie plaat. Laat reis vir 20 minute en bak 1 uur tot gaar. Heerlik met botter en koue vleise en slaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos