Tot Sy eer.
Search

Rolo Cupcakes

Oond 180 gr C. Voer muffinpanne uit met cupcake papierhouertjies en spuit. Verhit 125 ml melk en 3 E kakaopoeier. Roer halwe k olie in. Haal van stoof en koel af. In mengbak; klits 4 eiers, 250 ml suiker en 1 t vanilla geursel tot dik en liggeel. Sif 450 ml bruismeel en kwart t sout en roer om beurt met melkmengsel by eiermengsel. Moenie baie roer nie. Skep lepel vol deeg in papierhouertjie en sit 1 rolo lekker in en volg met nog deeg tot driekwart vol. Vul so al die papierhouertjies en bak vir 20 minute tot gaar. Laat 5 minute in pan afkoel en haal dan versigtig uit op draadrakkie. Koel heeltemal af en versier soos jy wil.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos