Romerige Vis-Gebak

Oond 180 gr C.    Pak 500 gr stokvis-filette in oondbak. Sprinkel suurlemoensap en vis-spesserye oor.  Meng in beker: 250 ml room, 250 ml melk en 1 pakkie uiesoppoeier. Klits met draadklitser al die klonte uit. Meng 250 ml vars broodkrummels, vars gekapte pietersielie en 250 ml gerasperde cheddarkaas. Strooi bo-oor en bak vir 30-45 minute tot gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos