Room Sago Poeding

Gooi 200 ml sago in 250 ml room en 250 ml melk.   Laat staan 2 ure.   Kook saggies tot deurskynend en gaar. As mengsel te slap is, roer 1-2 t maizena, opgelos in bietjie water by, en kook deur.   Haal af van stoof.  Voeg 1 blik kondensmelk by.  Klits 2 eiergele en 1 t vanilla en 1/4 t sout saam. Voeg by sago.  Sprinkel 1 t bakpoeier oor en roer saggies deur.  Klits 2 eierwitte styf en vou by mengsel in.   Skep in gesmeerde oondbak. Bak by 180 gr C. vir 20-30 minute.    Bedien met appelkooskonfyr, of sprinkel kaneelsuiker bo-oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos