Roompoffers

Oond 180 gr C.  Gooi in kastrol: 250 ml water en 100 gr margarine. Bring tot kookpunt en margarine gesmelt is. Haal van plaat af en roer 250 ml koekmeel by. Roer met houtlepel tot die deeg ‘n pasta vorm. Klits 4 eiers een vir een by. Skep lepels-vol op gevoerde, gesmeerde bakplaat. Bak vir 25 minute. Haal uit oond en maak gaatjie aan kant van elke poffer om stoom te laat ontsnap. Koel heeltemal af. Vul met styfgeklopte room, voeg versiersuiker en vanilla by na smaak of vla, of kondensmelk gemeng met suurlemoensap of vul met gesmelte sjokolade. Smelt sjokolade in mikrogolf oond en drup met lepel bo-op elke poffertjie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos