Rosyne Broodrolletjies

Neem 500 gr gerysde brooddeeg en rol op meelbestrooide oppervlak, in reghoek uit.  Sprinkel 100 ml bruinsuiker oor en ook 3 ml fyn kaneel en 125 ml pitlose rosyne. Rol deeg in lengte op. Sny in 1 cm dik skywe met skerp broodmes. Pak rolletjies op gesmeerde bakplaat.  Laat rys vir 20 minute.  Oond 180 gr C.  Smeer rolletjies met gesmelte margarine en bak 15-20 minute tot gaar.   Meng 125 ml versiersuiker met 2 t suurlemoensap en 2 t kookwater. Drup mildelik bo-oor. Koel af en geniet.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos