Rotskoekies

Oond 190 gr C
In mengbak: 1 k koekmeel, 1 t bakpoeier en kwart t sout. Vryf 2 groot E sagte margarine in. Voeg 100 ml bruinsuiker en kwart k korente by. Meng dan 1 eier, 2 E melk en 1 t vanilla geursel saam en maak meelmengsel daarmee aan tot sagte deeg. Skep teelepels vol deeg op gesmeerde bakplaat en plaas ‘n halwe cherrie bo-op. Bak vir 15-20 minute tot gaar. Koel af en bêre in lugdigte houer.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos