Tot Sy eer.
Search

Ryk Sjokolade Tert

Oond 160 gr C. Maak kors van 2 pke Romany Cream koekies, fyn gerol en gemeng met 4 E gesmelte botter. Druk vas in oond tertbak. Vulsel; Breek 400 gr melksjokolade in blokkies in kastrol, verhit saam met 500 ml room tot sjokolade gesmelt. Haal af van stoof en klits 4 eiers met 150 ml melk en knippie sout. Roer by sjokolade en room mengsel. Giet in koekie kors en bak vir 20 minute tot amper gestol. Haal uit oond en koel af, tert sal verder stol soos dit afkoel. Breek flake bo-oor voor bedien en bedien met room af roomys.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos