Rys poeding

Skep 3-4 k gaar rys in groot kastrol.  Gooi vars melk by tot rys bedek is. Bring tot kookpunt, pasop vir aanbrand. Klits 3 eiergele saam met 1 E hoogvol vlapoeier, 1 k suiker, 1 t vanilla geursel en bietjie melk. Roer by rysmengsel en prut tot dik. Haal van stoof af. Klits 3 eierwitte styf en vou in by rysmengsel. Skep in diep oondbak. Sprinkel kaneelsuiker bo-oor en bak vir 30-40 minute tot goudbruin en gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos