Meng saam: 2 k gaar rys, 1 gekapte groen soetrissie, 1/2 gekapte rooi ui, 125 ml gekapte ingelegde perskes/pynappel of vars appel en 125 ml sultanas. Meng sous vir oorgooi: 2 E blatjang, 1 t ligte kerriepoeier, 125 ml mayonaise en 2 E kookolie. Meng sous liggies deur slaai.