Ryspoeding

Verhit 1 k melk en 1 k room in kastrol en voeg 1 k gaar, wit rys  en 1 E botter by. Roer deur. Klits 3 eiergele, halwe k suiker, kwart t sout en 1 t vanilla essens saam. Roer geleidelik by  rysmengsel in. Haal van stoof en klits 3 eierwite styf. Vou by rysmengsel in en skep in gesmeerde oondbak. Bak vir 30 minute by 180 gr C,  Bedien met roomys of vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos